Friday, 8 May 2026

Jacob Daniël du Toit: 'Die tarentaal'

 


Die tarentaal

 

Die kruiwawiel se skreeugeluid

kerm hy droefgeestig uit

terwyl die skeemring vinnig daal,

die tarentaal.

 

Hy soek – en dit is ook al laat –

vir hom ’n kameraad,

om in ’n boom die eensaamheid

en nag te slyt.

 

Sáám sal hul in ’n blinkblaarboom

half slaap, half waak, half droom,

en by die naadring van verderf,

alléén nie sterf.

 

*

Ek het gemik, en met die knal

het een dood neergeval;

die ander vlieg met wilde krag

wèg in die nag!

 

 

The guinea fowl

 

The barrow with its groaning wheel

gives out its mournful squeal

while dusk lets fall its sudden cowl:

the guinea fowl.

 

It’s seeking – though the hour is late –

another fowl as mate

to pass night’s loneliness maybe

up in a tree.

 

They’ll share a dogwood’s leafy gleam,

half sleep, half wake, half dream,

and when their ending then draws nigh

alone not die.

 

*

 

I’ve taken aim, and at the sound

one’s fallen to the ground;

the other with wild strength takes flight

into the night!

 

 

 


No comments: